Die swael-angel
Swael speel 'n groot en belangrike rol as plantvoedingstof en word dikwels die vierde makro-element na stikstof, fosfor en kalium genoem, as gevolg van sy uiterste belangrikheid in plantfisiologie en –metabolisme. Trouens, in die mielie- en sojaboongebiede in Amerika word swael as die derde belangrikste beperkende plantvoedingselement na stikstof en fosfor gesien.
Daarom het Omnia Nutrilogie® 'n veldtog geloots om ons kliënte oor die belangrikheid van swael in gebalanseerde plantvoeding in te lig. Die veldtog het uit 'n reeks boeredae met Dr. Elke Bloem van die Julius-Kühn Instituut van Gewas- en Grondkunde in Duitsland as hoofspreker, sowel as verskeie gepubliseerde artikels, pamflette en inligtingstukke bestaan.
Geel vir prestasie – swaelgeel
Vroeë toedienings van swael (S) het goeie opbrengsreaksies op kanola teweeggebring. 'n Ewekansige algehele blokontwerp-uitleg is gebruik om verskillende S-peile teen plant (0 en 20 kg S.ha-1), eerste topbemesting (0, 20 en 40 kg S.ha-1) en tweede topbemesting (0, 20 en 40kg S.ha-1) toe te dien. Lees meer
Die verskuilde angel in swaelbemesting
Verskeie moontlik onbekende aspekte van swaelvoeding wat die risiko van voedingverbruiksdoeltreffendheid, opbrengs en gehalte van gewasse kan verlaag Lees meer
Alles wat jy ooit oor swael wou weet
Omnia het onlangs 'n reeks boeredae regoor Suid-Afrika aangebied om ons kliënte oor die belangrikheid van swaelvoeding in te lig. Lees meer
SWAEL: Die vierde makro-element
October 2015
Landbou is waar alles 62 jaar gelede vir Omnia begin het toe dr Joachim Winkler en mnr Willie Marais ‘n klein kalkonderneming, gebaseer op ‘n kultuur van hegte gesinsbande, op die been gebring het. Lees meer (93KB)
Die belangrikheid van swael in winsgewende gewasproduksie
03 August 2015
In die laaste dekades het plantwetenskaplikes al hoe meer die belangrikheid van swael as 'n voedingstof in gewasproduksie begin insien. Lees meer (379KB)
Swael – kort en kragtig
Sonder die swaelbevattende aminosure sisteïen en metionien, asook ander organiese verbindings, sal daar geen lewe wees soos ons dit ken nie. Lees meer (4.1MB)
Omnia Kunsmis bied swael boeredag aan
Omnia Kunsmis bied 'n swael boeredag met die tema "swael en die belangrikheid daarvan in gewasproduksie" aan. Lees meer
Pasop vir swaelmengsels
Wees versigtig vir kunsmisprodukte wat vinnig en goedkoop vermeng is deur elementêre swael by die mengsels te voeg, waarsku dr. Koos Bornman, hoofbestuurder van strategiese landboudienste by Omnia. Lees meer
Omnia gesels swael-sake
Ongeveer 150 gaste het die Omnia-boeredag op 5 Junie 2015 op Lichtenburg bygewoon. Lees meer