INLIGTINGSENTRUM

Secondary elements [photo] 

Sekondere elemente

Die doeltreffende gebruik van sekondêre- en mikro-elemente

Deur Dr. Koos Bornman (Algemene Bestuurder: Strategiese Landboukundige Dienste)

Om die opbrengste te ondersteun wat deesdae vermag word en terselfdertyd gehalte produkte te verseker, kan daar nie bekostig word om 'n totaal volledige en effektiewe voedingsprogram na te laat nie.

Sekondêre en mikro-elemente vorm 'n belangrike en dikwels kritieke deel daarvan. Omnia het homself toegespits en posisioneer om die volle pakket sekondêre en mikro-elemente in verskeie vorms aan te bied - van enkelprodukte tot meng-sels, in vaste of vloeibare vorm, organies of anorganies.

Omnia het ook oor die laaste paar jaar die opwindende veld betree waar plantvoeding met biostimulante en elisitore ("elicitors") gekombineer word. Sodoende word die opname van voedingselemente bevorder, plantgroei gestimuleer en plante se siekte-weerstandbiedendheid verhoog. 'n Nuwe mikro-elementbevattende blaarvoedingsproduk wat binnekort die lig sal sien en wat in die mark evalueer is, het byvoorbeeld 'n statisties betekenisvolle, fenominale 6 ton opbrengsverhoging op tamaties meegebring teenoor 'n standaard program en 17% bykomende onderdrukking van swambesmetting bewerkstellig.

Omnia het sowat vier jaar gelede 'n Plus Produkreeks ontwikkel. Hierdie chemies verkorrelde produkte is ryk aan sekondêre voedingselemente en is ook omhul deur 'n organiese lagie verryk met die totale mikro-element reeks wat gecheleerde mikro-katione insluit. Die mikro-elemente word in 'n unieke verhouding en konsentrasie volgens gewas- en areavereistes aangewend. Tabel 1 dui die navorsingsresultate aan wat met Plus Produkte verkry is. Met gebruik van die produkte is daar 'n oorwegende kans om 'n opbrengs op belegging van meer as 300% en selfs tot 900% te verdien. Die foto wys duidelik die verskil wat 'n Plus Produk in 'n koringland meebring.

Winsgewendheid van die gebruik van Omnia se Plus Produkte in graanproduksie
Gewas Area Hoeveelheid fasiliteite Jaar Statistiese waarskynlikheid van opbrengsverhoging (%) Gemiddelde opbrengs op belegging (%)
Koring Wes-Kaap 8 2008 96 600
Koring Wes-Kaap 7 2009 99 300
Koring Sentraal 4 2010 99 900
Mielies Sentraal 6 2009/10 96 400
Opsomming   25 in totaal 3 years Minimum 96% 300 - 900%

Die artikel het in die Nutrilogie® Nuusbrief (Somer 2012) verskyn