INLIGTINGSENTRUM

Oranges [photo] 

Spesialiteitsprodukte

Spesialiteitsprodukte

Daar was in die laaste drie dekades groot ontwikkelinge in die intensiewe gewasproduksiebedryf. Die toenemende vraag na goeie gehalte sagtevrugte en groente asook meer doeltreffende akkergewasverbouing het meer klem op die gehalte van wateroplosbare kunsmis, gespesialiseerde vloeibare kunsmis en blaarvoedingsprodukte in die mark geplaas.

Die kombinasie van hoër opbrengste, beperkte hoeveelhede besproeiingswater, verbeterde gewasgehalte en die raklewe van gewasse het groot uitdagings vir die bedryf begin skep.

Omnia het vervolgens ‘n groot reeks pasmaak produkte ontwikkel om hierdie uitdagings te oorkom.

Vir die laaste 30 jaar is Omnia markleiers in die ontwikkeling van spesialiteitsprodukte. Hiervoor word wetenskaplike proewe en landboukundige kennis van ‘n verskeindenheid gewasse, insluitend aartappels, tamaties, sitrus, druiwe, kernvrugte, steenvrugte, hidroponiese gewasse, mielies, koring, ens. ingespan.

Die spesialiteitsreeks produkte bestaan uit hoë gehalte wateroplosbare kunsmis, vloeibare kunsmis en blaarvoedings. Hierdie produkte is ‘n slim kombinasie van al die plant se noodsaaklike makro- en mikro-elemente, in spesifieke samestellings en verhoudings, wat verskeie voedingsbehoeftes doeltreffend aanspreek. Verder het ons ook verskillende grondverbeteraars en produkte ontwikkel wat mikrobakteriële grondlewe aanvul.

Hierdie produkte, in samewerking met die hoogs gekwalifiseerde Omnia landboukundige, sal nie net opbrengs en gewasgehalte optimaliseer nie, maar ook volhoubare landbou oor die lang termyn verseker.