INLIGTINGSENTRUM

Oranges [photo] 

Spesialiteitsprodukte

Innoverende gel-gebaseerde produkte eersdaags bekend gestel

Deur: Uys Meiring - Markontwikkelingsbestuurder: Speciality Solutions

Omnia stel binnekort ‘n nuwe reeks gel-gebaseerde produkte bekend wat noemenswaardige voordele vir die gebruiker inhou. Ten einde die behoeftes van boere en hul werkers te bepaal, het Omnia Nutrilogie® ‘n deeglike studie gemaak van die uitdagings wat op plaasvlak ondervind word. Die veilige toediening van produkte is ‘n sleutelfaktor wat bygedra het tot die ontwikkeling van die nuwe Prisma™-reeks. Benewens die feit dat die produkte geen stof bevat nie, wat dit veiliger maak vir werkers om te hanteer, maak die gel die uitloop van die produk stadiger en kan vermorsing verminder word.

Die impak op die omgewing het ook ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van hierdie nuwe  reeks. Trouens die produkte se splinternuwe verpakking gebruik gewigsgewys tot 86% minder plasties teenoor die konvensionele plastiese kanne. Die sakkies waarin die produk kom is so ontwerp dat die plasties op die plaas hergebruik kan word. Dit kan onder andere vir plantsakke gebruik word, om vog op palette te seel en kan ook as stamskerms vir jong boompies dien (Figuur 1). Met die vindingrykheid van Omnia Nutrilogie® se kliënte, kan daar veel meer gebruike vir hierdie sakkies op die plaas gevind word. Die kartondose waarin die sakkies verpak word, is herwinbaar en kan ook hergebruik word.


Figuur 1: Die sakkies kan as plantsakke herverbruik word en kan ook as stamskerms vir jong boompies dien.

Die produkte is spesiaal geformuleer om gewasspesifieke behoeftes aan te spreek. Twee van die produkte is gereed om in Augustus 2018 vrygestel te word. Daarna sal die produkreeks deur die loop van die jaar verder uitgebrei word. Die eerste twee produkte is spesifiek vir rygewasse en boomgewasse ontwikkel. Dit is deeglik in die mark getoets en resultate word tans verder in proewe onder die vergrootglas bekyk.

Die gel-basis kan ‘n hoër konsentrasie voedingstowwe dra, wat ‘n ekonomiese voordeel vir die produsent inhou. Die vervaardigingsproses gebruik wêreldklas tegnologie en die roumateriale word deeglik vir onsuiwerhede getoets, wat swaarmetale insluit. As deel van Omnia se Nutrilogie®-benadering, is alle roumateriale ten volle naspeurbaar en voldoen dit aan wêreldklas gehaltestandaarde.

Die nuwe Prisma™-reeks produkte hou die volgende voordele in:

  • maklik om te gebruik
  • veilig vir die gebruiker
  • los direk in die toedienningstenk op
  • minder vermorsing
  • lae inpak op die omgewing
  • kostedoeltreffend
  • verbeterde voedingstofopname deur die plant
  • hoogs gekonsentreerd

Hierdie nuwe reeks produkte bevestig Omnia Nutrilogie® se volgehoue ontwikkeling in nuwe tegnologie, konsepte en produkte om gewasproduksie so effektief moonlik te maak. Kontak jou naaste Omnia Nutrilogie® landboukundige vir meer inligting.