'n Trotse geskiedenis
Omnia se stigters was die kreatiewe en innoverende Dr Joachim Winkler en Mnr Willie Marais. Hulle het reeds in 1951 mikro-elementmengsels onder die kommersiële naam "Fortifika" begin bemark. Hiermee was hulle ver voor hul tyd, aangesien die res van die wêreld toe eers oor die toediening van enkele mikro-elemente soos koper en sink in kunsmisprogramme begin praat het. Let wel dat mikro-element chelate eers in 1951 ontdek is.
Twee jaar later is Omnia Boeredienste gestig. Omnia het sedertdien merkwaardige bydraes tot die hele kunsmisbedryf gemaak en is ook 'n voorloper in die bevordering van navorsing, ontwikkeling en tegnologie op hierdie gebied.
1953 |
Omnia Boeredienste is gestig |
1967 |
Eerste korrelkunsmis-aanleg in Sasolburg gevestig |
1968 |
Eie ontledende grondlaboratorium geopen |
1972 |
Direkte-toediening ammoniak begin; superfosfaat- en fosforsuuraanlegte voltooi |
1976 |
Brei vloeibare eenlegte uit na die Verenigde Koringkryk en VSA; open vloeibare aanlegte in Hectorspruit en Delmas |
1980 |
Op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) met ‘n aandeleprys van 50 sent gelys |
1981 |
Omnia-werknemer patenteer ‘n skoon, doeltreffende tegnologie vir die vervaardiging van nitrofosfaat |
1982 |
Belê R88 miljoen in eie stikstof vervaardigingsaanleg |
1992 |
Brei werksaamhede in Afrika uit met die opening van die Zambië-kantoor |
1993 |
Vir die eerste keer as ‘n top 100 maatskappy op die JSE gelys |
1994 |
Navorsing- en Ontwikkelingsafdeling gestig om nuwe produkte te ontwikkel en om opbrengs en gehalte te verbeter. |
1995 |
Spesialiteitskunsmis-afdeling vir gewasspesifieke behoeftes gestig; OmniSap® -tegnologie gekommersialiseer |
1996 |
Eie kaliumsulfaat-vervaardiging; Omnia Zimbabwe open vir besigheid |
1997 |
Konstruksie van ‘n R96-miljoen kunsmisverkorrelingsaanleg begin; Omnia bied vir die eerste keer ‘n presisieboerderydiens aan ons kliënte |
1998 |
Spesialiteitskunmis-mengaanleg word in Sasolburg in gebruik geneem; Nutrilogie® as konsep word gebore |
2003 |
Omnia Specialities Australië word geopen; Nuwe kalsiumnitraataanleg in Sasolburg geopen wat uniek-gepatenteerde tegnologie deur Omnia ontwerp gebruik |
2004 |
OmniBio™ gestig om die biologiese lewe in die grond te verbeter |
2005 |
Ontwikkelingsprogram vir nuwe boere begin |
2012 |
‘n R1.5 miljard salpetersuuraanleg is voltooi, wat die behoefte om groot hoeveelhede stikstof in te voer, uitskakel |